BUNDI BOS Jaarlikse Konsert 2025
Ons konsert digitale opname is nou beskikbaar! Kry jou digitale kopie om die optredes van ons Bundi Bossers vir ewig te bêre.
Ons Makietie in Afrikaans was ’n hoogtepunt van ons jaar, waar ons met ons Bundi Bossers kon spog. Hulle het hard geoefen om hierdie konsert ‘n onvergeetlike geleentheid te maak, nie net vir hulleself nie, maar ook vir almal wat kom kyk het. Hulle het ons almal trots gemaak. Hierdie spesiale video is ‘n kosbare aandenking vir elke Bundi Bosser en sy gesin.
‘n Spesiale dankie aan ETG Creative en Nomads Web Designs vir hul uitmuntende bydrae.
